

TUNA SAMPIOENPASTEI
Porsies: 4
Vulsel
15 ml botter of margarien
1 ui, gekap
2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
250 g sampioene, skoongevee en gekap
1 x 70 g-pakkie sampioensoppoeier
15 ml mielieblom
250 ml melk
10 ml gedroogde pietersielie
5 ml gemengde kruie
Kors
1 x 200 g-rol blaardeeg
1 eier, geklits
50 g/125 ml gerasperde Cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n bakplaat met botter of margarien.
Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en soteer die ui ongeveer 5 minute. Voeg die tuna en sampioene by en laat goed warm word.
Maak die sampioensoppoeier en mielieblom aan met die melk en roer by die tunamengsel. Prut ongeveer 3 minute.
Voeg die pietersielie en gemengde kruie by en laat afkoel.
Rol die blaardeeg langwerpig op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vulsel in die middel van die blaardeeg.
Smeer geklitste eier aan die kante van die deeg en vou die pastei toe.
Druk die deeg effens vas en sny kepe bo-op die pastei.
Smeer weer geklitste eier oor die hele pastei en strooi kaas oor.
Plaas die pastei op die bakplaat en bak ongeveer 30 minute tot ligbruin. Plaas dit op ‘n dienbord, sny in skywe en sit voor met Pikante aartappelslaai en ‘n Griekse slaai.
Molly-Ann Underwood Schmidt






