
TAMATIE-EN-KAASPASTEITJIES
Porsies: 14-16
2 x 200 g-rolle blaardeeg, ontdooi
1 x 410 g-blik Italiaanse geur tamatiesmoor
100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 eier, geklits
2 ml sout
10 ml gedroogde origanum
vars origanumblare vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepanne met botter of margarien.
Rol die blaardeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels uit wat groot genoeg is om in die holtes van die pan te pas.
Plaas die deegsirkels in die holtes van die gesmeerde panne.
Meng die tamatiesmoor, kaas, eier, sout en origanum en skep lepelsvol op elke deegsirkel.
Bak die tertjies ongeveer 20 minute lank tot ligbruin.
Sit louwarm voor en garneer met varsgekapte origanumblare.
Variasie:
Die tertjies kan ook in groter panne gebak word. Dit kan dan as ligte ete met ‘n groenslaai voorgesit word.
BRON: Molly-Ann Underwood Schmidt
FOTO: hog roast pig






