

SHAKER SOUTTERTJIES
Hierdie is ‘n maklike handtertjie met groooot verskeidenheid!! Nog ‘n bonus is, min skottelgoed.
Beslag:
125 ml melk
75 ml kookolie
200 ml koekmeel
2 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
Plaas die bestanddele in ‘n tupperbak met deksel of ‘n “shaker”. Skud die bestanddele goed saam en voeg die beslag in gespuite klein kolwyntjie panne (groot kolwyntjiepanne kan ook werk, jy kry net minder tertjies uit).
Plaas vulsels van eie keuse in die beslag.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of tot goudbruin.
Vulsels:
Stukkies spek, uie, pietersielie, kaas en bietjie blatjang.
Boeliebeef, uie, kaas, pietersielie en blatjang.
Tuna, ui, kaas.
Net kaas.
Oorskiet hoender, vleis, of maalvleis.
Basies enige iets wat jy aan kan dink wat lekker gaan smaak in ‘n souttertjie. Eksperimenteer en deel lekker nuwe idees. Jy kan die beslag ook in een groterige bak voeg en die vulsel van jou keuse gebruik, bak en in blokkies sny.
Resep: Winnie Jordaan






