


HEERLIKE, MAKLIKE VISGEREG
(4-6 porsies)
500 g gaar gevlokte vis (haddock, snoek of stokvis)
1 groot pak chips, fyn gedruk (sout en asyn of smoked beef)
Witsous:
250 ml melk
25 ml koekmeel
25 ml botter/margarien
1 koppie gerasperde kaas
Smelt botter, roer koekmeel in, en voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend roer. Wanneer sous rukkie gekook het en verdik het, haal van die stoof af en voeg die die kaas by.
Die vis moet net-net gaar gekook wees. Voer ‘n plat, 2 liter bak uit met ‘n laag chips. Hou ‘n bietjie chips om bo-oor te gooi. Meng die vis, witsous en res van die chips en skep egalig bo-op die laag chips in die bak. Strooi nou ‘n lagie chips bo-oor. Bak in oond vir 30 min by 180°C. Bedien saam met ‘n lekker groen slaai.
Gideon Louw:
Soos belowe, het ek die onderstaande resep gemaak. Het ook ‘n verandering gemaak volgens my smaak.
Ek het ‘n halwe ui fyngekap, 6 sampioene in skyfies gesny, minder as ‘n kwart van elk rooi, geel en groen soetrissies in blokkies gesny en ‘n teelepel knoffel saam gebraai met om en by 5 eetlepels sweet chilli sauce. Het ook dan Mexican Chillie chips gebruik, asook kaas oor gerasper.
Eerste foto: Petré van Jaarsveld
Tweede foto: Gideon Louw
Ek bly maar lief vir die vis / chips gereg was heerlik vir aandete saam met ‘n mengelslaai wat bestaan uit:
gekapte kropslaai
gekapte groen soetrissie
stukkies pynappel
gekapte rooi uie
gekapte rooikool
stukkies komkommer
Alles gemeng saam met ‘n bietjie sweetchillie sous.







Frances Smith het reseppies bietjie aangepas:
Het visgereg aangepas met:
900g Haddock smoked,
1 uie fyn gekap,
Blikkie sampioene (skyfies gesny),
2t droë chilli flakes,
1 blik gemengde kerrie groente,
2 knoffel,
Mexican Chilli chips gebruik.
Melanie Senekal
. Ek het n paar veranderinkies gemaak . My vis gestowe met bietjie speserye Uie gebraai en mushroom en dit by my kaassous gevoeg . Daarna het ek my vis op n krummellaag chips gesit , en my kaassous oor gegooi met n lagie gerasperde kaas en daarna weer n lagie chips . Bak in die oond en geniet .
Yvonne Kirstein
Dit is baie lekker ! Tuisgemaakte brood en druiwe konfyt . Het snoek gebruik