


SOETSUUR VARKVLEIS
750 g varkfilet in blokkies gesny
75 ml botter
5 ml geuropwekker
1 blik pynappelstukke
100 ml kookwater
15 ml suiker
100 ml witasyn
30 ml sojasous
20 ml mielieblom
1 soetrissie in repies gesny
Braai die vleis in botter tot goudbruin en gaar. Sprinkel die geuropwekker oor.
Dreineer die pynappelstukke en meng die pynappelstroop met die kookwater, suiker, asyn, sojasous en mielieblom. Kook ongeveer 15 min. oor lae hitte. Meng die pynappelstukke en soetrissie met die sous en giet dit oor die blokkies varkvleis.
Sit die gereg warm voor.
RESEP: Retha Roux
Foto: Wayne Dugmore
Nota: Ek het die greenpepper in die vuurwarm sous gesit toe dit begin dik word het. Ek het die plaat afgesit, toe die sous bygegooi en gelos dat dit prut tot die plaat koud is.
One thought on “SOETSUUR VARKVLEIS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif