
THIASE FRIKKADELLE
500 g varkmaalvleis
80 ml fyn broodkrummels
3 preie, fyn gekap
1 eier
15 ml (1 eetlepel) sojasous
15 ml (1 eetlepel) vars gemmer
3 knoffelhuisies, fyn gekap
125 ml (½ koppie) braaisous
30 ml (2 eetlepel) hoisin-sous
noedels en groente vir opdiening
Meng die varkvleis, broodkrummels, preie, eier, sojasous, gemmer en knoffel liggies met jou hande in ‘n groot mengbak. Rol in balle so groot soos gholfballe.
Plaas die frikkadelle in ‘n kastrol. Meng die braai- en hoisin-sous in ‘n bakkie en giet dit oor die frikkadelle.
Bedek en kook op laag vir 1 uur of tot die frikkadelle deurgaar is. Sit voor met noedels en groente.






