PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF
Lewer ongeveer 1,2 liter.
Jy kan hierdie vir baie goed gebruik in tertdoppies, vulsel vir laagkoek ens.
Skil die piesangs eers voordat jy dit weeg.
1 kg geskilde piesangs
800 ml witsuiker
75 ml suurlemoensap
Sny die piesangs in skyfies en plaas in diep 3,5 liter bak.
Mikrogolf vir ongeveer 22 minute oop by volle krag tot taamlik dik en roer dit gereeld.
Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse, vol tot teenaan die rand.
Plaas ‘n stukkie waspapier bo-op en draai die deksels styf vas.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie








