MOLSHOPE
3 tot 4 lekker groot aartappels
Groterige klont margarien
2 – 3 ml bakpoeier
Sout na smaak
250 ml room
125 ml gerasperde Cheddar kaas
Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en ‘n bietjie van die room by en klits dit met ‘n vurk tot lig.
Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 – 25 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180 °C.
Foto: Jacques Marianne Van Niekerk
Florrie van Heerden
Hi almal, ek maak molshope met n twist…dit is sommer ‘n ete op sigself.
Ek braai spek, uie, tamaties en groenrissie saam en voeg dit dan by die aartapels, gebruik n roomys lepel om mooi ronde balle te vorm








