GEVULDE UIE OP DIE KOLE
(4 porsies)
Vulsel
250 ml gaar rys
4 repe spekvleis
Bietjie soetrissie gekap (Opsioneel)
5 ml pietersielie
30 ml hoenderaftreksel
Sout en swart peper na smaak
4 groot uie
Botter
Sny die uie so boonste punte af, mAar hou die skille aan. Kook die uie met skil en al vir ongeveer 5min tot sag. Haal die binneste deel van die ui uit, maar los genoeg om ‘n stewige dop te vorm. Kap die binnedeel van die ui fyn en meng saam met die res van die bestandele, buiten die botter. Skep die vulsel binne-in die uie doppe en stip elke met ‘n klontjie botter. Neem 2 lae foelie en smeer die blinkkant (binnekant) met bietjie olie en draai die uie daarin toe. Braai in die kole (Meduim) vir ongeveer 20 min, bedien terwyl nog warm.
Heerlike saam met braaivleis.
Foto en resep: Rina Kleinhans








