

KONFYTTERTJIES
5 koppies koekmeel
Sout
350 g botter
150 g holsum
sap van 1 suurlemoen
1 eiergeel en bietjie yswater
Rasper die gevriesde botter en holsum en meng met meel en sout.
Voeg suurlemoensap en eier by.
Sny met ‘n mes tot alles gemeng.
Voeg BIETJIE yswater by totdat dit maklik hanteerbaar is.
Laat rus vir so halfuur.
Rol klein stukkies op ‘n slag uit sodat die deeg koud bly.
Rol die KOUE Appelkooskonfyt in bietjie koekmeel.
Druk die kante wat gesmeer is met eierwit goed vas met ‘n koekvurkie.
Druk (Sommer met die vurkie) gate in die pastei.
Bak BAIE VINNIG (Voor die konfyt lus word om uit te loop) by 220ºC.
Resep: Tannie Ettie Marais
Plasing: Marleen Basson Niemandt






