Verhit oond tot 180ºC.
Los koffiepoeier in die kookwater op en laat afkoel.
Meng die koffie met die res van die bestanddele.
Verkil dit ‘n rukkie indien dit baie sag is.
Rol die deeg in albastergrootte bolletjies.
Plaas op bakplaat en druk effe plat.
Bak koekies 15 min lank.
Lewer 70 koekies
Vulsel
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk
Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
Voeg die suiker,smeer en melk by.
Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
Haal dit van die stoof af en klop dit met ‘n houtlepel tot styf en goed koud word.
Smeer koekies en plak op mekaar vas.
Vir die vulsel ‘n paar idees:
Ben Rautenbach
Rina ek koop milk sjokolade smelt met bietjie melk of room en smeer dit op!Heerlik !!!
Dunia Van Rensburg McMaster
Is it not nutella and peanut butter? or icing sugar and a little cocoa and mixed with coffee and let set.
Vulsel:
1 kg versiersuiker
50 g (125 ml) kakao
300 g margarien
10 ml vanilla geursel
melk om smeerbare vulsel te maak… dalk bietjie koffie bysit
Lynette van Heerden
My koffiekoekie resep se vulsel is:
1 koppie suiker
1/3 koppie melk
1 teelepel vanilla essens
½ koppie margarien/botter
1 eetlepel koffie ekstrak
Kook alles saam vir 5 minute en klop dan met houtlepel tot dit dik en koud word. Smeer so ½ teelepel tot 1 teelepel vol tussen twee koekies, baie lekker ek gebruik dit altyd op my koffiekoekies…







