Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit twee bakplate met kossproei.
Klits die botter tot lig en romerig, voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en meng deur.
Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout oor en meng goed met jou hande tot ‘n sagte deeg vorm.
Rol teelepelsvol van die deeg in bolletjies en pak op die bakplaat. Druk effens plat met ‘n vurk en bak ongeveer 10-12 minute tot gaar.
Laat staan ‘n rukkie op die bakplate om effe af te koel (die koekies is nog aan die sagte kant).
Plaas op n draadrakkie en laat afkoel tot heeltemal koud.
Smelt die sjokolade in ‘n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond, by 70-persent-krag tot gesmelt
roer elke nou en dan (onthou die koekies verloor nie sy vorm nie as jy dit in die mikrogolfooond smelt nie).
Plak die koekies twee-twee aanmekaar vas. Laat staan tot die sjokolade gestol het.
Bere in lugdigte houers.
Plasing: Marie Rheeder Troskie