HANDIGE PLAASVERVANGINGS
As jy nie bakpoeier in die huis het nie, vervang 20 g bakpoeier met 10 ml kremetart en 5 ml koeksoda.
Vervang 250 ml bruismeel met 240 ml koekmeelblom, 7 ml bakpoeier en 2 ml sout.
Vervang 5 ml suurlemoensap met 2 ml asyn.
Vervang 250 ml dun room met 250 ml onverdunde ingedampte melk.
Vervang 250 ml dik room met 170 ml karringmelk en 80 ml olie.
Vervang 250 ml jogurt met 250 ml suurmelk of karringmelk.
Eierwitte by kamertemperatuur klits tot ‘n beter volume.
Wenke geplaas deur Marie Rheeder Troski
Category Archives: Plaasvervangers / Substitutes
PLAASVERVANGINGS

PLAASVERVANGINGS
1 koppie koekmeel kan vervang word met ½ koppie Soja meel + ½ koppie rysmeel in ‘n resep wat vra vir Glutten vry meel.
Bakpoeier
1 teelepel bakpoeier met ½ teelepel baksoda + ½ teelepel kremetart
1 teelepel bakpoeier met 1 teelelpel baksoda + ½ koppie karringmelk
Retha Ingel Marais
Vat 1 gelyk teelepel koeksoda vir elke 2 koppies meel. Roer dan heel laaste ‘n eetlepel asyn vir elke teelepel koeksoda wat jy gebruik het by jou deeg net voor jy dit in die pannetjies skep.
1 koppie botter of margarien met 7/8 koppie slaai of groente olie + ½ teelepel sout
1 Eetlepel meelblom met 1 Eetlepel fyngemaalde tapioca
1 Eetlepel “maizena” of mielieblom met 2 Eetlepel koekmeel
Continue reading


