
PLAASVERVANGINGS
1 koppie koekmeel kan vervang word met ½ koppie Soja meel + ½ koppie rysmeel in ‘n resep wat vra vir Glutten vry meel.
Bakpoeier
1 teelepel bakpoeier met ½ teelepel baksoda + ½ teelepel kremetart
1 teelepel bakpoeier met 1 teelelpel baksoda + ½ koppie karringmelk
Retha Ingel Marais
Vat 1 gelyk teelepel koeksoda vir elke 2 koppies meel. Roer dan heel laaste ‘n eetlepel asyn vir elke teelepel koeksoda wat jy gebruik het by jou deeg net voor jy dit in die pannetjies skep.
1 koppie botter of margarien met 7/8 koppie slaai of groente olie + ½ teelepel sout
1 Eetlepel meelblom met 1 Eetlepel fyngemaalde tapioca
1 Eetlepel “maizena” of mielieblom met 2 Eetlepel koekmeel
Bak sjokolade:
1 oz bitter sjokolade = 1 blokkie
3 Eetlepel Kakao = 1 Eetlepel vet = 1 blokkie bitter sjokolade
4 Eetlepel Kakao + 2 teelepels botter = 1 blokkie bitter sjokolade
Eiers:
1 koppie eiergele = 12 – 14 eiergele
1 koppie eierwitte = 8 – 10 eierwitte
2 eierwitte = 1 heel eier
2 eiergele = 1 heel eier
1 heel eier = 2 Eetlepels droë eier poeier + 2 ½ Eetlepel water
Versoeters:
1 koppie molasses = 1 koppie heuning
1 koppie heuning = gelyke dele molasses en mieliestroop
1 koppie heuning = 1 koppies gewone wit suiker + 1/4 koppie vloeistof
1 koppie stroop = 1 koppie gewone wit suiker + 1/4 koppie vloeistof
1 koppie bruin suiker = 3/4 koppie wit suiker = 1/4 koppie molasses
1 1/3 koppie styf gepakte bruin suiker = 1koppie gewone wit suiker
1 1/3 koppie stroosuiker = 1 koppie gewone witsuiker
Vervang Suiker met gelyke dele fruktose of kunsmatige versoeter poeier of
Hulletts se Sugarlite.
Melk:
1 koppie melk = 1/2 koppie ingedampte melk + 1/2 koppie water
1 koppie karringmelk = 1 koppie vars melk + 1 Eetlepel suurlemoensap of asyn
1 koppie karringmelk = 2/3 koppie gewone jogurt + 1/3 koppie vars melk
1 koppie suurroom = 1 koppie gewone jogurt
1 koppie jogurt = 1 koppie karringmelk
Room kan met gelyke dele ingedampte melk vervang word.
Melk en botter in kapok aartappels kan met appelsous vervang word vir ‘n lae vet alternatief.
Soja melk kan vervang word met ingedampte melk of kondensmelk –
Tensy dit spesifiek benodig word vir anti suiwel resepte.
Wenke geplaas deur Sue van Wyk






