

GESTOOMDE VRUGTE
125 ml gemengde droë vrugte
125 ml water
15 ml suiker
kaneel of naeltjies (optioneel)
Week die droëvrugte oornag in water.
Mikrogolf die vrugte op hoog vir 2 minute.
Voeg suiker by. Mikrogolf vir 1 minuut.
Haal die kaneel/naeltjies uit voor opdien.
Voorstelle:
Bedien op mieliepap.
Bedien met koue jogurt.
Bedien met vla.
Resep geplaas deur Morné Van Der Merwe






