

NOG ‘N SKEPPIE NAGEREG
4 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
4 eiers
1 teelepel koeksoda
4 eetlepels botter
4 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel vanilla
Klop botter en suiker tot romerig. Voeg geklitste eier by. Los koeksoda op in melk en voeg by die konfyt.
Sif die droe bestanddele saam en voeg by die eiermengsel.
Voeg die geursel by en meng goed.
Voeg die melkmengsel geleidelik by en meng deur, skep die mengsel in ‘n gesmeerde bakskottel
Bak by 180ºC vir 45 minute tot lig en bruin.
Geniet dit.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans






