

KERSPOEDING OF DOEKPOEDING
Uit my ouma se Baie ou resepte boek. Vir die wat nie die foto kon oopmaak nie.
2 koppies meel
1 koppie suiker
1 koppie sultanas of dadelik
1 koppie botter of botter en vet saam
1 koppie melk
Sitroenskil fyngesny (nie seker van hoeveelheid nie) so 1/3 pd.
Bietjie sout
4 eiers geklits
2 teelepels koeksoda
Roer meel, suiker, botter en vrugte alles alles bymekaar en voeg dan geklopte eiers by dan die melk, waarvan n bietjie warm gemaak is. In die bietjie warm melk word dan die koeksoda geroer. Meng alles goed met die meel en skep in goed gesmeerde vorm wat met ‘n linnedoek uitgelê is. Vou die doek bo-op toe en sit die deksel van die pot op. Sit die vorm in ‘n groot pot met warm water en kook stadig op stoof 2 en half tot 3 uur in die doek. Tot die poeding gaar toets. Haal uit die water en laat afkoel voordat die doek oopgemaak word. Keer die poeding uit die doek op ‘n opdienbord.
Sous:
1 beker kookwater
1 koppie suiker
Lemoenskil, lemoen geursel of wyn
Kook goed saam voeg bietjie maizena by, en vlapeoer en 1 eetlepel botter by.
Bedien die sous saam met die poeding.,
Nota:
Moenie vergeet om die gekookte toegedraaide muntstukkies in deeg te sit nie.
Resep: Joan Du Toit






