ALTA SE ROLKOEK
4 x-groot eiers, geskei
bietjie meer as ½, maar minder as ¾ koppie suiker
4 eetlepels koue water
1 koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
Voorverhit oond tot 180 °C.
Klits eierwitte styf, hou eenkant.
Klits eiergele,water en suiker tot wit en skuimerrig, vou meel en bakpoeier in eiergeel mengsel. Vou eierwitte in.
Bespuit ‘n rolkoek pan met kleefwerende sproei, bedek met bakpapier en bespuit weer met kleefwerende sproei (ek gebruik my panne waarin ek my koekies bak).
Bak vir ± 20 minute.
Keer versigtig uit op ‘n klam doek wat liggies gestrooi is met suiker, smeer konfyt van keuse en rol versigtig op.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk.