

“NOUGHTS AND CROSSES” MET AARTAPPELS
Vanaand se oudurfie het uitgeloop op noughts and crosses, nie ek of vroulief het die tjips rondte gewen nie, maar dit was nog ‘n uitdaging.
Sny die aartappels met ‘n snyer in ronde skywe en druk ‘n gat in die middel van die skyf, ek het sommer my metaal “tot measure” gebruik.
Sny die ander skywe sodat dit ‘n x vorm.
Bak dan die aartappel in warm olie tot mooi goudbruin, ek het sommer my rooi pannetjie oppie kole daarvoor ingespan.
Trek dan die baan op ‘n houtbord met tamatiesous en “let the games begin”.
Doop die tjips in die tamatiesous en geniet dit.
Idee en foto: Gideon Louw






