

VOORKOM DAT SOP “SUUR” WORD
Ek wou nog op Denis en Liefie Meyer se vraag oor die sop wat “kook” reageer. Elk geval, hier is my raad, sodra jou sop gaar is plaas die kastrol in ‘n bak of wasbak met yswater sodat die sop vinnig afkoel. Gooi sommer heelwat ysblokkies in die water. Roer nou die sop so elke 5 minute en los ‘n groot metaal lepel in die pot. Die lepel help dat die sop vinniger afkoel (dit werk vir tee ook). Sodra die sop liggaams temperatuur bereik, gooi uit in houers en plaas dadelik in vrieskas. Ek verseker jou, jy sal nie weer sop hê wat “kook” nie. Moenie sop in die yskas bêre en dan wil vries nie.
Bron: Anna Venter






