

VETKOEK MET RUSSIAN
500 ml koekmeel
500 ml broodmeel
10 ml sout
10 ml suiker
1 pakkie kits gis
350 ml lou warm water
Meng alles saam en knie vir 5 minute. Laat rys tot dubbel die volume. Knie weer en rol uit. Plaas worsie in ‘n lagie deeg. Laat staan so 15 minute en braai in warm olie.
Resep geplaas deur Silvia Van Eck
Foto: Silvia Van Eck






