

HOEDERLEWERS OP ARTAPPEL
30 ml olyfolie
1 x 500 g houer hoenderlewers (skoongemaak)
1 groot ui, fyn gekap
3 ml gerasperde, vars gemmer
5 ml elk paprika en droë brandrissievlokkies
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
10 ml elk sojasous en blatjang,
(100 ml suurroom opsioneel vir extra lekkerte)
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
gekapte vars roosmaryn, om voor te sit
Verhit die olie in ’n pan en seël die hoenderlewers baie vinnig daarin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die ui in dieselfde pan tot sag. Voeg die gemmer, paprika en brandrissievlokkies by en braai ’n paar sekondes. Voeg die tamaties, suiker, sojasous, blatjang, suurroom sout en peper by en verhit tot kookpunt.
Laat prut vir 5-7 minute. Voeg die hoenderlewers by en kook vir 5 minute tot die lewertjies net-net gaar is. Sprinkel roosmaryn oor.
Sit voor met roosterbrood, kapokaartappels of polenta.
Lewer 6 porsies.
Resep en foto: Louw LP Senior






