

TUISGEMAAKTE KERRIEPOEIERMENGSEL
1 pakkie medium cartrights kerrie
1 pakkie “spicy” kerriepoeier
1 teelepel (plat) kaneel
1 eetlepel borrie
½ teelepel gemmer
Bere in ‘n tupperbak, dit verslaan nie.
Skep in ‘n maatbeker hang af hoeveel kos ek maak.
Meng met tamatiesous, blatjang, en 1 eetlepel appelkooskonfyt.
Hoeveelhede van tamatiesous, blatjang en appelkooskonfyt hang af van hoeveel vleis jy gebruik.
Nota:
As ek beesvleis maak meng ek bietjie knoffel en asyn by.
Dan het my pa my geleer: maak olie warm en gooi kerriemengsel in pot en braai vir 1 min. Gooi uie in en braai effens. Gooi vleis by en braai 5 min en dan voeg jy water en sout by.
Resep en foto: Leone Barnard du Toit






