

SUS SE PIESANG MUFFINS
Dis eintlik my sus wat ‘n baasbakster is, se resep. Dis werklik donssag en heerlik. Ek meng soms in beslag so 2 eetlepels marmalade konfyt en sommer so groot skep of 2 grondboontjiebotter by.
2 koppies meel
1 teelepel koeksoda
2 teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
½ koppie melk
2 eiers
knippie neut
2 teelepels kaneel
1 teelepel sout
½ koppie olie
6-8 piesangs, fyngedruk
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en suiker saam. Meng melk en olie saam. Voeg droë en nat bestanddele om die beurt by eier mengsel. Voeg piesang by, meng alles liggies saam en skep in gesmeerde kolwyntjie pannetjie. Bak 20 minute by 180°C.
Resep geplaas deur Annetjie Steyn
Foto: Louise Hollenbach







Resep oorgeskuif na nuwe blog 13/2/2023.