SJOKOLADE KOEK MET ‘N TWIST
Die is my sjokolade koffie koek met ‘n twist, dit kry lekker tequila koffie liqueur in
1 ¾ koppie koekmeel
1 ½ koppie suiker
3 teelepels bakpoeier
¾ koppie olie
¼ koppie water
5 eiers geskei
1 teelepel vanilla
4 eetlepels kakao
¼ teelepel sout
1 bottel koffie tequila likeur
Verhit Oond 160º C.
Klits eiergele en suiker, sout, vanilla baie goed.
Klits die water en olie by.
Sif meel en die bakpoeier saam kakao en gooi by die eier mengsel.
Klits die eierwitte styf en vou in by die beslag.
Sit in n pan of pyrex bak en bak vir ±30 – 40 min.
Sny in blokkies sodra jy dit uit die oond haal.
Gooi likeur oor terwyl warm soos jou behoeftes anders vervang met stroop.
Stroop:
1 ½ koppie suiker
1 ½ koppie water
3 teelepels koffie poeier
1 teelepel vanilla essense
Gooi al die bestanddele bymekaar en bring tot kookpunt.
Gooi oor koek sodra dit uit die oond kom.
Laat afkoel.
Versiering:
1 Blik karamel kondensmelk
125 ml vars room
Klop die room tot styf en sit karamel by en versier met flake of soos jou keuse.
Geniet dit is regtig bitter lekker.
Resep en Foto: Veronica Els