

PETRÉ SE HEERLIKE BOBOTIE
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
9 groterige porsies
1 ½ kg maalvleis
1 groot geelwortel, fyn gerasper
1 appel, fyn gerasper
2 groterige uie, gekap
1 eetlepel fyn gekapte seldery blare
1 koppie pitlose rosyne
sout en peper na smaak
Kerriemengsel:
2 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels matige kerriepoeier
3 eetlepels borrie
2 eetlepels biryani masala
¼ koppie asyn
¼ koppie blatjang
4 snye brood in melk geweek
Meng die wortel, appel, selderyblare en sultanas goed deur met maalvleis.
Braai uie tot deurskynend, voeg maalvleismengsel by uie en braai goed deur.
Voeg kerriemengsel by en kook goed deur, voeg sout en peper na smaak by.
Meng goed.
Druk melk uit brood en meng dit goed deur met die maalvleis (hoef nie af te koel nie) en kerrie mengsel. Die brood moet basies oplos in die beslag.
Skep in oondvaste bak, maak gelyk en druk ‘n paar opgerolde suurlemoenblare in die mengsel.
Meng die volgende saam:
500 ml ongegeurde jogurt met
1 koppie melk en
2 eiers, klits
Giet oor bobotie en bak teen 180°C vir om en by 40 tot 45 minute tot ‘n mooi goudbruin kleur.







geskuif