

PERSKE, APPELKOOS EN BBQ HOENDER
Halwe bottel BBQ sous (Ek gebruik Steers s’n)
1 koppie fyn appelkoos of perskekonfyt. (Ek gebruik die helfte van elk)
1 teelepel fyn knoffel
8 tot 10 hoenderdye
sout en peper na smaak
hoender speserye
Stel oond op 180 ºC.
Meng BBQ sous, konfyt en knoffel.
Smeer pan liggies met olyfolie.
Pak hoender (reeds gespesery) in oondbak en smeer sous oor die hoender.
Bak onbedek vir sowat 40 minute of tot gaar. Die sous moet lekker taai wees.
Smeer elke nou en dan van die sous in die oondbak weer oor die hoender.
Resep en foto: Elize Viljoen







Geskuif