

MIELIETERT MET BROOD
4 snye wit brood
2 koppies melk
Week die brood in die melk en druk fyn.
4 eiers
2 blikkies roommielies
2 eetlepels margarien (gesmelt)
2 eetlepels suiker
Meng die laaste bestanddele goed saam, voeg die brood by en meng deur. Skep die beslag in ‘n oondvaste bak.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Resep: Lorraine Lolla Fourie






