

KRAKERIGE PORK BELLY
Enigste foto wat ek kon neem met die funksie van Saterdagaand, dit is voordat ek dit opgesny en met pynappelstukke en kersies versier het.
Vel goed droog gemaak, in blokkies gesny (net deur die vel), nuwe matmessie of ‘n arts en craft messie werk die lekkerste..
Sprinkel genoeg sout oor en vryf die sout goed in, sit in bakplaat oornag in die yskas, moenie bedek nie.
Haal volgende dag uit, vee al die waterigheid met handdoekpapier af tot goed droog, sprinkel ‘n bietjie sout oor.
Sit velkant onder in ‘n bakplaat, bedek met bakpapier en sit ‘n swaar bak of pot bo-op om dit mooi plat te hou. Oond op 200° C. Bak vir 1 uur.
Verwyder bak of pot asook bakpapier, draai vleis om sodat die velkant bo is, verhoog hitte na 230° C en bak vir om en by 30 minute, grill bo en bak onder gestel.
Foto: Petré van Jaarsveld






