

KERRIE VARKVLEIS MET BOTTERBONE
Resep en Foto: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
Iemand is so op haar stukke om te kook wanneer sy alleen is, maar dit lyk uit die boeke uit lekker!!😜
1 kg varknek, in blokkies gesny
½ koppie koekmeel
1 ui, opgekap
½ groen soetrissie, opgekap
1 tamatie, opgekap
1 blikkie kerrie botterboontjies
1 teelepel Rajah Mild and Spicy kerriepoeier
1 teelepel Garam Masala
1 teelepel cumin
1 teelepel gerookte paprika
1 teelepel borrie
knoffel en gemmerpaste na smaak
koriander (opsioneel)
Rol blokkies vleis in bietjie koekmeel en verbruin dan in bietjie olie.
Haal uit en hou eenkant.
Braai ui en groen soetrissie tot sag, voeg knoffel en gemmerpaste by en roer deur.
Voeg al die speserye in die pot en roerbraai deur vir ‘n paar minute.
Voeg ‘n bietjie water by, meng deur en laat kook vir 5 minute.
Voeg die mengsel, tamatieblokkies en vleis nou in ‘n oondskottel, geur met sout en bak met deksel teen 180°C tot vleis sag is.
Voeg ‘n blikkie kerrie botterboontjies by meng deur en laat net weer warm word.
Bedien dadelik.







Geskuif na nuwe blog