

KARRINGMELKBESKUIT MET WOODEN SPOON
Resep en foto: Klaas Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
2,5 kg bruismeel
1 liter karringmelk
500 g Wooden Spoon wit margarien
4 groot eiers
2 koppies suiker
Vryf die margarien in die meel in.
Klits eiers en suiker saam.
Voeg karringmelk by en klits (net lekker gemeng, nie te veel nie)
Meng saam met meel tot al die meel ingewerk is.
Deel deeg in twee en sprei so 2 cm dik in ‘n bakplaat.
Bak teen 180ºC vir 30 min.
Sny in blokke en droog oornag 100ºC.






