GROENTE EN SPEK HANDPASTEITJIES
1 eetlepel olyfolie
200 g repiespek, in blokkies gesny
1 ui fyn, gekerf
2 teelepels droë knoffelflokkies
3 medium groot aartappels, in klein blokkies gesny
1 koppie gekerfde groenboontjies
1 eetlepel wit uie soppoeier, gemeng met 30 ml water
½ koppie on gegeurde joghurt
1 teelepel brandrissievlokkies
1 teelepel sout
Kors
1 kg skilferkors deeg
1 eier effens geklits
Verhit die olie in ‘n pan en braai die spek tot bros.
Skep dit uit en braai die ui tot sag.
Voeg die spek by die uie.
Voeg die aartappel blokkies by asook die sout, knoffel en brandrissievlokkies saam met die gemengde soppoeier en water.
Plaas die deksel op en kook vir omtrent ‘n halfuur stadig tot aartappels amper sag is en roer af en toe.
Voeg die groenbone by en kook stadig tot bone amper gaar is vir omtrent 10 min en tot die vloeistof omtrent weg is.
Voeg die joghurt by en roer goed en prut stadig tot die vulsel verdik.
Skep die vulsel uit en laat heeltemal afkoel.
Rol die deeg effens uit op ‘n meel oppervlak en sny die uitgerolde deeg in omtrent 16 ewe groot blokkies omtrent 100 x 100 mm en skep ‘n bietjie vulsel op elke deeg blokkie.
Smeer die rante met eier en vou oormekaar en druk mooi vas.
Plaas die pasteitjies op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en smeer die pasteitjies met die orige geklitste eier.
Bak dit in n voorverhitte oond op 180°C vir omtrent 40 tot 45 min tot die deeg gaar en mooi bruin is.
Resep en foto: Gideon Louw