

GIDEON SE SPRINGER-VISKOEKIES
Ek het vanaand die lekkerste viskoekies ooit gebak.Dit was regtig heerlik! Ek het van gisteraand se oorskiet gebraaide springervis gebruik.
400 g gebraaide, gevlokte vis
1/2 koppie smash aartappels (gaar)
1 klein tot medium ui, gerasper
15 ml pietersielie, fyngekap
2 huisies knoffel, gekerf
5 ml suurlemoensap
5 ml bakpoeier
1 klein eier, effe geklits
meel om viskoekies in te rol
olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele goed en maak nie te groot balletjies wat effe platgedruk is en rol in die meel. Plaas in die koelkas vir omtrent ‘n halfuur. Bak in vlak olie omtrent 5 minute aan ‘n kant tot goudbruin. Plaas op dreineerpapier om van die oortollige olie ontslae te raak. Ek het dit saam met sweet chilliesous geniet en was dit nou lekker. Baaaaaie lekkerder as blikkie viskoekies, gaan dit beslis weer doen.
Resep en foto: Gideon Louw
Nota: Ekt vanaand vir ons viskoekies gebak, maar ipv die springer vis het ek gebraaide snoek gebruik en was heerlik!






