

BRAAI RIB MET GROENTE
GEWONE SOUTWORTELS
1 pakkie wortels
2 aartappels
½ ui
Kook gaar, meng 1 eetlepel botter in en gooi sout en peper na smaak in. Kan stukkend druk of heel hou.
SPINASIE
1 pak spinasie
2 aartappels
½ ui
Kook gaar, sit eetlepel botter in en sout en peper na smaak. Maak mengsel van sweet chillie sous en tartar sous. So 50 ml elk, en meng by spinasie. Hierdie is regtig lekker.
AARTAPPELS
1 pakkie veggie bake cream cheese gemeng met 400 ml melk en 1 teelepel knoffel
genoeg aartappels
gerasperde kaas
Kook aartappels sag en sny op, pak in oondbak. Gooi mengsel oor. Rasper genoeg kaas oor en bak in oond vir 10 min. Dtrooi pietersielie oor voor bediening.
LAMSRIB
Marineer ribs in die volgende vir ten minste 6 ure.
150 ml Worcestershire sous
50 ml olyf olie
1 pakkie spear rib marinade
100 ml water
Meng goed en gooi oor ribs. Laat staan vir 6 ure en meer. Braai oor die kole.
Resep en foto: Flipkotie Olivier






