

APPELTERT (GROOT TERT)
¾ koppie margarien
6 eiers
2 ¼ koppie strooisuiker
3 koppies bruismeel
3 teelepels bakpoeier
2 blikkies appels
¾ koppie mellk
Klits eiers en suiker saam.
Voeg melk en gesmelte botter by die eiermengsel.
Voeg meel by mengsel en meng goed.
Skep in groot vuurvaste bak (slap mengsel).
Rangskik appel bo-op.
Bak 35 min by 180ºC.
STROOP:
2¼ koppies suiker
3 teelepels vanilla
2 blikkies ingedampte melk (Ideal Melk)
Kook suiker en ingedampte melk vir 5 min.
Voeg vanilla by.
Gooi stroop oor warm tert.
Plaas in yskas.
Nota: Ingedampte melk kan vervang word met room.
Geniet die tert net so of bedien met styf geklopte room en kersies.
Resep en foto: Elize Viljoen






