

ELIZE SE HOENDER ROOMSOP
Resep en foto: Elize Viljoen
FOOD LOVERS RECIPES
3 groterige hoenderfilette, in stukkies gesny
1 pakkie gesnipperde sampioene
1 groot gekapte ui
(Ek koop sommer McCain se gevriesde gesnipperde ui en gebruik ‘n koppie vol)
gemengde groente (McCain se ertjies, wortels en mielies – Dit het geen groenbone in – ek hou nie van groenbone in sop)
3 medium aartappels, geskil en in dun skywe gesny
1 pakkie cream of chicken soppoeier
1 blokkie hoender bouillon
sowat 15 ml Worcestersous
sowat 15 ml olyfolie
vars room
sout en swartpeper na smaak
Braai uie, sampioene en hoender in bietjie olyfolie net tot ligbruin. Voeg bietjie sout en gemaalde swartpeper by. Pasop vir te veel sout. Die soppoeier en hoender bouillon bevat ook sout.
Meng soppoeier, hoender bouillon, worcestersous in sowat 300 ml kookwater. Die soppoeier en
hoender bouillon moet heeltemal opgelos wees.
Voeg dit in die pan by die hoender, uie en sampioene. Laat prut vir sowat 5 minute. Gooi in ‘n kastrol met gemengde groente (soveel jy verkies) en bedek met water. Voeg aartappel by. Proe maar of nog sout en peper kort
Kook tot alles sag is en die sop redelik dik is. Mash alles fyn en voeg room by.
Ek het sowat 150 ml room gebruik. Meng en voila.







Geskuif