

PASTA EN MAALVLEISGEREG
1 groot ui, gekap
250 g spek stukke
1 kg maalvleis
1 blik baked beans
kaassous
bobotie sous (of mince spice)
½ pak macaroni
gerasperde kaas
sout en peper
Braai die ui. Braai die spek stukke daarby met lekker baie knoffel. Braai maalvleis daarby met sout, pepper en ek het n pakkie Bobotie sous gemeng met 1 koppie water en die maalvleis daarin gaar gekook. Dit moet souserig wees.
Skep dit nou onder in ‘n glas oondbak. Skep bo-op die blik baked beans met sy sousie.
Maak die macaroni gaar soos normaal. Maak witsous of soos ek 1 pakkie kaas en sampioensous met kookwater gemeng en toe voeg ek sommer 2 hande vol gerasperde kaas daarby en nadat macaroni afgespoel is het ek die kaassous daarby gemeng.
Skep nou die macaroni bo-op jou boontjies. Ek het ‘n goeie klomp swartpeper oor gerasper. Nog kaas bo-op gesit en nou smelt jy net jou kaas onder die gril in jou oondjie.
Resep en foto: Ronell Visser Gouws






