
OUTYDSE LEMOENKOEK
2 koppies koekmeel waarvan 2 eetlepels verwyder is
1 ½ koppie suiker
4 ekstra groot eiers
2 rondvol eetlepels margarien
2 eetlepels kookolie
3 teelepels bakpoeier
2 rondvol eetlepels mielieblom
1 teelepel fyn gerasperde lemoenskil
1 ½ koppies lemoensap
½ teelepel sout
Klits die eiers, suiker en lemoenskil vir 10 minute met ‘n elektriese klitser.
Meng die lemoensap, olie en margarien in ‘n kastrol, verhit tot kookpunt en skakel die plaat af.
Sif die droë bestanddele saam en klits by die eiermengsel in.
Giet die kokende oliemengsel oor die beslag en vou in met ‘n spaan tot alles goed ingevou is.
Giet die beslag in 2 voorbereide koekpanne wat uitgevoer is met bakpapier op die bodem.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 – 30 min.
Nota en foto:
Yolanda Van Wyngaard – Ek het die resep gebruik en dit is ‘n wenner. Die mense vir wie ek dit die eerste keer gebak het, het twee keer na dit weer die lemoenkoek bestel.
Resep: Dionné Page Olivier







Geskuif