

NATACHA SE KAAS EN UIE BROOD
500 g bruismeel
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
5 ml sout
5 ml bakpoeier
Halwe koppie gerasperde cheddar kaas
Halwe koppie gerasperde parmasan
1 ekstra groot eier
500 ml plain volroom yogurt
Halwe koppie volroom melk
Halwe rooi peper opgekap
4 cocktail kaas vienna worsies in helfde gesny
Voorverhit die oond tot 180°C
Smeer ‘n 1.5 liter broodpannetjie of spuit met olie
Sif meel, sop, sout en bakpoeier saam.
voeg parmasan by en meng goed
klits yogurt, melk en eier goed saam en voeg by meel mengsel by.
Skep in pan en versprei eweredig
Garneer met kaas, peper en worsies
Bak vir 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Resep geplaas deur Natacha Visagie
Foto: Natacha Visagie






