

MOSBOLLETJIES
Resep en foto: Annalize van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
Rosyne mos (as jy nie regte mos in die hande kry nie)
1.5 liter kookwater
250 g gekneusde rosyne
½ koekie saamgepersde gis of ½ pakkie kitsgis
Meng gis, water en rosyne. Laat staan 24 uur.
Giet deur gaasdoek en gebruik in plaas van mos.
Mos suurdeeg:
750 ml witbroodmeel
1.5 liter mos
2 teelepels suiker
Meng alles saam in ‘n 5 liter emmer met ‘n los deksel.
Klop goed met ‘n draadklitser.
Sit deksel op en laat rys op ‘n warm plek.
As dit sponserig en vol borrels is, is dit reg vir gebruik.
Deeg:
3 kg witbroodmeel
15 ml sout
800 g suiker
30 ml anys
500 g botter
mossuurdeeg
Sif droë bestanddele saam. Meng suiker en anys in meel in.
Vryf botter in meel in.
Meng mossuurdeeg in meel in en knie goed deur.
Laat rys oornag onder ‘n lekker warm kniekombersie.
Ek knie dit gewoonlik so twee keer af.
Maak bolletjies: 6 x 6 x 6 cm bolletjies (so lekker handvol). Vorm bolletjies so deur ‘n sirkel met jou duim en wysvinger, vou onderkante mooi in en pak in jou panne. Ek het drie verskillende groottes panne, ‘n standaard broodpan, ‘n wye pan en ‘n lang boerbroodpan, en ek het ‘n ronde koekpan gebruik vir die ander deeg.
Laat staan weer onder die kombersie tot panne vol gerys is.
Bak teen 175°C vir 45 min tot 55 min afhangende van jou pangrootte.
Suikerstroop:
15 ml suiker
125 ml kookwater
Smeer die gebakte bolletjies met stroop sodra dit uit die oond kom.
Breek die bolletjies nog halfwarm.
Droog uit in ‘n koel oond (50-75°C) tot droog.







geskuif