

MEISIE SE SJOKOLADE KOEK
2 koppies koekmeel
½ koppie kakoa
1 koppie strooisuiker
1 teelepel koeksoda
2 teelepels kremetart
1 teelepel sout
5 groot eiers
1 koppie water
½ koppie kookolie
Sif droë bestanddele (Eerste 6) twee keer saam. Skei eiers en gooi eiergele en olie by water.
Klits eers eierwitte styf en klits daarna water, eiergele en olie saam.
Gooi water-eiermengsel by koekmeel en meng goed deur maar moenie oordoen nie.
Meng dan so skeppie eierwit by koekbeslag en vou daarna eierwitte in.
Bak in ‘n gesmeerde pan (25 x 25 cm) vir min of meer 45 minute of deel in twee kleiner panne (rond deursnee 20 cm) en bak min of meer 30 minute.
Moenie te gou toets of koek reg is nie, anders val dit plat.
Ek het gewone botter versiersel gebruik.
Resep: Meisie Hatting
Foto: Antonette Hatting






