MAALVLEIS EN PORTOBELLO SAMPIOENE
2 pakkies portobello sampioene (om en by 13 sampioene)
1 pakkie spek stukkies
1 pakkie maalvleis
margarien
olie
sout en peper
Robertsons feshly ground country herb blend
1 groot ui
gerasperde kaas
melk
meel
gedroogde broodkrummels
roomkaas
knoffel en kruie (crushed garlic and herb mix)
2 teelepels suiker
Sampioene:
Breek steeltjies uit sampioene en plaas in oondvaste bak.
Smelt botter/margarien met so 2 opgehoopte teelepels knoffel en kruie mengsel.
Skep lepeltjies vol van die gesmelte botter mengsel oor elke sampioen.
Vleis:
Braai spek in bietjie margarien en olie.
Wanneer amper gaar, voeg maalvleis by en snipper sampioen stingeltjies ook in.
Sout en peper na smaak.
Robertsons herb blend na smaak.
Braai tot gaar.
Skep oor sampioene.
Roomkaas:
Skep bietjie roomkaas volgende op.
Ui:
Sny ui lekker fyn op.
Braai in selfde pan as waarin spek gebraai was.
Voeg nog bietjie margarien en olie by as wil.
Opsioneel is so 1 tot twee teelepels suiker sodat dit help met karamalisering.
Kan ook klein bietjies water op ‘n slag bygooi om die pan te ‘de-glaze’.
Skep die droog gebraaide gekaramaliseerde uie bo-oor.
Kaassous:
Maak gewone witsous deur margarien te smelt in pan of ‘n kastrol, voeg melk by en meng meel in. Kook oor lae hitte. Voeg genoeg gerasperde kaas in om lekker kaassous te maak. Gooi oor.
Hoeveelhede van bestanddele vir kaassous sal afhang van hoeveel kaassous u wil maak. Kan ook sommer klaar kaassous koop en gebruik indien verkies.
Eindig af deur broodkrummels oor die dis te strooi.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir so 40-50 minute of tot sampioene lekker gaar is en sous dik gebak.
Bedien met slaai.
Variasie:
Vul sampioene met knoffel botter, room spinasie en gaar lensies en strooi gerasperde kaas oor. Bak en geniet saam slaai.
Kan maklik ook die twee resepte vermeng om nog variasies te verkry.
Lekker eet!
Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot
Geskuif na nuwe blog