

HANLIE SE PEPER BIEFSTUK PASTEITJIES
1 rol skilferkors
600 g biefstuk, in blokkies gesny
2 hoogvol eetlepels koekmeel gemeng met
2 teelepels swartpeper
Rol die vleis in die meel en braai bruin.
Braai ‘n middelslag ui ook tot glasig.
Los ‘n bees ekstrak blokkie solank op in kookwater.
Plaas vleis en uie in prutpot saam met die ekstrak.
Stel die prutpot op hoog tot vleis sag is – 2-3 ure of langer indien nodig.
Voeg sout by na smaak.
Voeg Nandos se pepper steak sous by, na smaak.
Laat afkoel en rol die deeg dunner.
Sny in sirkels en plaas in muffin pan bakkie met kante wat oorsteek.
Skep vulsel in.
Smeer ‘n geklitste eier oor rante.
Bedek met nog ‘n deeglagie, druk vas met hand en vurk.
Bak 180ºC tot goudbruin.
Resep geplaas deur Hanlie Sanders
Foto: Hanlie Sanders






