

VRUGTEKELKIE KOEK
Sif die volgende saam:
2 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
½ teelepel sout
1 ½ koppies suiker
Voeg die volgende by:
2 geklitste eiers (2 ekstra groot of 3 groot eiers)
1 blik (410 g) cocktail fruit (sous en vrugte) Meng goed. Smeer ‘n groot tertbord, gooi beslag in en bak vir ±45 minute by 180°C. (25 minute indien 2 klein tertborde)
Berei intussen die stroop:
1 koppie suiker
1 blikkie (410 g) Ideal melk
1 teelepel vanilla geursel
4 teelepels botter of margarien
Voeg dan ½ koppie klapper by (opsioneel)
Gooi kokend oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Dit kan bo-op versier word met room.
Klits saam:
±175 ml room
versiersuiker (±2 eetlepels)
2 teelepels kondensmelk
Bietjie vanielje
Resep: Linda Le Roux Swarts
Foto: Louise Groenewald







Dit bly maar ‘n heerlike tert. Dit lewer ‘n groot tert, redelik hoog. 10 porsies, dalk meer as jy nie so groot sny nie.