PREDIKANTSVROU POEDING
3 eetlepels botter/margarien (45 ml)
1 koppie suiker (250 ml)
1 eier
1 koppie koekmeel (250 ml)
1 koppie melk (250 ml)
1 teelepel vanielje (5 ml)
2 eetlepels goue stroop (30 ml)
1 teelepel koeksoda (5 ml)
knippie sout (1 ml)
Meng alles saam in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Bak vir ‘n ¾ uur op 180ºC.
Wanneer gaar, gooi ‘n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding.
Bedien met vla of soos verkies.
Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook die volgende sous saam:
½ koppie melk (125 ml)
2 eetlepels suiker (30 ml)
1 teelepel margarien (5 ml)
(4-6 persone)
Resep: Heidi Potgieter
Foto: Estelle Mennigke
Hi julle ek het die predikantsvrou poeding gemaak of my “moerpoeding” wat ek op die blog gekry het names die admins, lol dankie julle hys heerlik!
geskuif