

VROULIEF SE PEPPERMINTYSKASTERT
1 pakkie – 200 g tennisbeskuitjies
250 ml varsroom wat verkoel is
375 ml karamel kondensmelk
100 g peppermint sjokolade
50 g Peppermint Crisp
Gebruik ‘n 20 x 20 cm glasbak en rangskik ‘n laag beskuitjies onder in die bak.
Klits die room styf en voeg die kondensmelk by en klits goed.
Rasper die peppermint sjokolade en vou by die mengsel in.
Skep die helfte van die mengsel oor die laag beskuitjies en smeer gelyk.
Pak dan nog ‘n laag beskuitjies en skep die orige mengsel bo-op en maak gelyk en rasper die Peppermint Crisp bo oor.
Plaas in die koelkas vir een uur voor dit opgedien word.
Foto en resep: Gideon Louw






