

MARIA SE VLASKYWE
2 pakke cream crackers (jy gaan so 1½ pak gebruik)
1 liter melk
250 ml suiker
60 ml botter
120 ml koekmeel
100 ml maizena
10 ml vlapoeier
2 ml sout
100 ml koue water
3 eiers, geskei
5 ml vanilla
Versiersel:
500 ml versiersuiker
5 ml suurlemoensap
35 ml kookwater
Pak cream crackers onder in plat bak. Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop.
Verhit die melk en botter en bring tot kookpunt.
Haal van stoof af.
Meng meel, suiker, maizena, vlapoeier, sout en koue water. Voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.
Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in
Gooi die helfte van die warm vlampap bo-oor die beskuitjies en pak weer ‘n laag cream crackers bo-op. Gooi die orige vlapap oor en pak weer ‘n lagie cream crackers
Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud
Maak die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater aan en smeer bo-oor beskuitjies.
Hou verkoel in yskas.
WENK:
Julle sal sien die resep sê: gooi die suiker by die droë bestanddele en nie by die melk soos al die ander resepte sê nie – My ma maak haar vlaskywe al die jare so – dit veroorsaak dat die vlapap nie klonte inkry nie
Resep: Maria Nortjé






