

JUANRI SE HOENDER MET BRUIN UIESOP SOUS
1 pak hoender (ek het 14 stukkkies)
1 teelepel knoffel
1 groot ui, grof gekap
250 ml kookwater
125 ml koppie mayonnaise
125 ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesop poeier
125 ml blatjang
Meng al die sous bestanddele bymekaar. Sit die hoender in ‘n kasserol en voeg die uie bo-oor. Gooi die sous oor die hoender en plaas die deksel op. Bak op 190ºC tot die hoender sag en gaar is. Bedien saam met rys en voeg sous oor.
Ek het ‘n teelepel hoender speserye in die sous bygevoeg saam sout en peper.
Bedien saam met rys en sit voor saam enige groente van jou keuse.
Resep en foto: Juanri Van Der Walt







Estelle Mennig
Ek hierdie hoender is vrek lekker het dit laas week sondag gemaak my dogtertjie van 3 het die pan skoon gelek dit was iets nuuts wat ek probeer het en my mensies was mal daaroor