
JAVELLE WATER
(Jik)
1 pond wassoda (450 g)
4 koppies kookwater
½ pond chloor (225 g) (HTH)
8 koppies koue water
Meng die chloor met die koue water en giet die kookwater op die wassoda. Meng dan die twee oplossings saam en roer goed en laat staan totdat daar ‘n afsaksel gevorm het. Giet die helder vloeistof in ‘n fles af en hou dit in ‘n donker plek. Dit mag dalk later ligroos van kleur raak, maar is dan selfs goed.
Hierdie middel bleik nie alleen linne en katoen wat oud geword het nie, maar verwyder ook vlekke. Laat die vlek in gelyke dele warm water en Javel week.
Foto: Babs van der Westhuizen






