STOKKIE LEKKERTE IN ‘N BROODROL
Genoeg Kamembert kaas (ons het twee ronde blokke gebruik)
1 pakkie repiespek
1 koppie koekmeel
2 geklitste eiers
2 koppie broodkrummels
paar blare ( sommer kropslaai )
olie vir diepbraai
sosatie stokkies
6 broodrolletjies ( ons het sommer rondes gebruik en halfpad deur oopgesny )
Sny die kaas op in 25 x 25 mm blokkies en doop dit eers in die meel dan in die eier en dan in die krummels.
Gebruik een repie spek om twee kaas stukkies mee toe te draai sodat twee sye nog oop is en ryg dit drie, drie op ‘n sosatie stokkie
Bak dit in diep olie vir ‘n paar minute (ek het sommer my rooipannetjie gebruik oppie kole).
Sit ‘n blaar of twee in die gesnyde rolletjie en plaas die gebraaide stokkielekkerte bo op die blare en spuit ‘n bietjie van jou gunsteling sous oor en trek die stokkie uit.
Ons het die rolletjies vooraf ‘n bietjie onder die rooster gehad vir nog ‘n bietjie krispieness.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw